top of page
Website Home Page Banner_Bastion Primary School (1).png

ONS SKOOL SE FONDASIE IS GEBOU OP

Respek

Integriteit 

bastion_values.png

Verantwoordelikheid 

Omgee

AGTERGROND

Die behoefte aan 'n tweede laerskool in Brackenfell het reeds in die 1970's ontstaan. In 1980 maak die Laerskool Bastion sy deure oop met 'n leerdertal van 293 leerders,  onder die leierskap van mnr. Jannie Barnard as hoof.  Hy is in 2006 deur mnr. Chris Eksteen opgevolg.  Na mnr. Eksteen se aftrede in 2021, is die huidige hoof, mnr. Henri van den Berg, aangestel om hierdie belangrike pos te vul.

​

Oor die jare het Bastion se fasiliteite gegroei, met verskeie opgraderings vir ons leerders en personeel.  Personeel omhels klasgee met tegnologie, aangesien elke klaskamer met 'n dataprojektor toegerus is en elke personeellid 'n skootrekenaar het wat daaraan kan koppel.  Die skool het ook 'n groot aantal ekstra klaskamervleuels en klubhuise aangebou, asook die pawiljoen en inrit opgradeer.  Verder is 'n Astro vir hokkie gebou en ons graad 1- en 2-leerders geniet speelapparaat in hul speelareas.

​

Na sy ontstaan in 1980, het hierdie skool vinnig gevestig geraak in Brackenfell en is vandag 'n baken teen Proteahoogte se bult.  Bastion spog tans met 'n leerdertal van ongeveer 1 900 leerders en 'n personeelkorps van meer as 100, wat opvoeders, administratiewe personeel, 'n maatskaplike werker en algemene werkers insluit.  Laerskool Bastion staan op geen terrein terug vir enige skool in die land nie, nie op akademiese, sport-, of kulturele gebied nie. Laerskool Bastion is ook 'n baanbrekerskool wat Robotika vir leerders na-ure aanbied, en bied ook rekenaarklasse vir leerders vanaf graad 1 aan, om sodoende ons leerders toe te rus vir die moderne, tegnologiese wêreld.  Verder word leerders verryk met die aanleer van Xhosa vanaf graad 1 tot graad 7.

​

By Laerskool Bastion is ons trots daarop om 'n koesterende omgewing te bevorder waar respek, omgee, integriteit en verantwoordelikheid sentraal staan.  Met 'n sterk fokus op akademiese uitnemendheid, 'n wye verskeidenheid buitemuurs, persoonlike groei en 'n gevoel van gemeenskap, bied ons u kind 'n soliede grondslag vir 'n blink toekoms. 

WAT ONS U KIND BIED

© Laerskool Bastion Primary School 2025

bottom of page