top of page

Leerders

Prefekte

Graad 7-leerders by Laerskool Bastion het die geleentheid om as leerderleiers te dien deur deel van ons prefekkorps te wees, onder die leierskap van 'n hoofseun en 'n hoofmeisie.  Leerders stem vir die prefekte en sodoende, ervaar hulle die demokratiese proses.  'n Prefek word aan elke klas toegewys om om te sien na die behoeftes van daardie klas. Ons besef, egter, dat om 'n prefek te wees, dikwels 'n ondankbare taak is en daarom bedank ons graag kwartaalliks die prefekte met 'n funksie wat vir hulle gereël word.

Prefekte_Prefects(1).jpg

Skolierpatrollie

Ons leerders se veiligheid is prioriteit en om seker te maak dat hulle die pad veilig oorsteek, het Bastion skolierpatrolliespanne wat leerders bystaan met die oorsteek van Jakarandastraat, en om hulle te help om veilig hul pad deur die drop & go te vind soggens. Die kinders word egter nie aan hul eie genade oorgelaat nie, en word opgelei deur die verkeersdepartement en staan onder leiding van volwassenes wat soggens en smiddae leiding neem oor ons twee groepe.

ScholarPatrol1.jpg
ScholarPatrol2.jpg
Groups, Scholar Patrol_Skolierpatrollie(1).jpg

Noodhulp

Noodhulp is 'n baie waardevolle lewensvaardigheid en in 2023 het Laerskool Bastion begin om van ons senior leerders te keur om 'n noodhulpkursus te voltooi, waar hulle hierdie lewensnoodsaaklike vaardighede aanleer.  Hierdie projek is baie gewild en hulle kry die geleentheid om hul skoolmaats by te staan en te ondersteun wanneer dit nodig is.  Die noodhulpspan staan onder die leiding van en word ondersteun deur 'n opvoeder.

Noodhulp5.jpg
Groups, First Aid_Noodhulp(1).jpg
Noodhulp3.jpg

© Laerskool Bastion Primary School 2025

bottom of page