Netball/Netbal
Netbal
Bastion spog met ongeveer 6 spanne per ouderdom wat aktief deelneem in die liga asook aan toernooie deur die seisoen vanaf 0/7- 0/13. Ons het ook begin met Netbal vir Graad R dogters om so die vroeë kind ontwikkeling te verseker. Kwartaal 1 vind Netbalvaardighede met Graad1 en Graad R spelers reeds plaas.
Afrigters:
Ons het 30 afrigters wat die verskeie spanne afrig. Bastion se Netbal is ‘n kode wat op ‘n hoë gehalte presteer en kompeterend is op alle ouderdoms gebiede.
Ons afrigters woon gedurig kursusse en klinieke by om so te verseker dat ons altyd die nuutste metodes kan toepas op ons netbaldogters. Ons spog ook met verskeie afrigters wat op verskeie WP en Wes-Kaap vlakke gespeel het asook afgerig het. Ons afrigters is ook gegradeer en kan skeidsreg op ‘n hoë vlak.
Fasiliteite:
Bastion is een van die min skole wat kan spog met 6 bane en ook ‘n paviljoen, spreiligte en ‘n klubhuis wat uitkyk oor die bane.
Prestasies:
Topskole SA’s:
Ons 0/12 en 0/13A spanne neem jaarliks aan die topskole kompetisie deel en het die laaste 6 jaar agtereenvolgend deurgedring tot die finale rondte wat die Topskole SA’s is. Jaarliks is hul in die top 10 spanne van die land. Ons 0/13A span het in 2018 in die finaal gespeel en 2 de in die land geeindig wat tot op hede ons topprestasie is.
Provinsiale speelsters:
Bastion spog jaarliks met baie 0/11-0/13 WP asook Wes-Kaap speelsters.
Toere:
Ons netbal-spanne toer jaarliks na verskeie plekke. Onder andere : Namibië, Rustenburg, Durban, Clanwilliam, Riebeek Wes.
Klinieke:
Ons bied jaarliks vir ons dogters ‘n kliniek aan deur ‘n bekende persoon in netbal kringe afgelope jare was dit : Elsje Jordaan, Anso Kemp, Anneline Lukas, Rochelle Loubsher.
Bertu Du Kock. Bastion se netbal stap die ekstra myl om vir hul dogters die blootstelling en geleenthede te kan gee soos min ander.