Landloop
Landloop





Die landloop het vanjaar met ‘n baie positiewe gesindheid afgeskop by Laerskool Bastion. Ons getalle het verdubbel van 2018 na 50 leerders. Ons het die graad 3’s verwelkom met ope arms om deel te wees van ons landloopspan. Bastion personeel is baie getrou en behulpsaam in alle opsigte om ons leerders te bevorder en te laat groei. Elke week in ons ligas skop Bastion stof in ander skole se oë. In elke ouderdomsgroep eindig ons leerders altyd onder die top 20. Dit beteken dat ons leerders baie hard oefen om dit te bereik. Bastion leerders gaan nog baie hoogtes bereik met hierdie positiewe houding. Hierdie sport leer ‘n leerder dissipline en respek teenoor jou mededeelnemers. Elke week is elke leerder ‘n wenner deur die wedloop te voltooi.
Baie dankie vir die ouers met hulle ondersteuning en positiwiteit vir hierdie sport. Dit is lekker om te sien dat ons ouers elke week kom ondersteun en hul samewerking gee.
Hou hierdie sport gesond!!
Heinrich Primo (Landloop Kodehoof)