Krieket/Cricket

Krieket/Cricket

Laerskool Bastion bied ‘n gesonde krieketkultuur vir elke seun en dogter. Ons krieketspelers leer verskeie eienskappe aan, wat hulle op die veld en in alledaagse lewe kan benut.

Spanne:

Ons skool bied mini-krieket aan vir die o/7 – o/9 leerders. Mini- krieket fokus op massadeelname, dus word seuns en dogters betrek. Ongeveer 240 leerders is by mini-krieket betrokke. Vier spanne word gekies en hierdie spanne neem deel aan wedstryde en toernooie.  Die res van die spelers fokus op vaardighede wat benodig word vir die speel van krieket. Spelers wat vir die spanne gekies is, word gedurig gewissel soos wat ander spelers groei en ontwikkel.

Die vaardighede wat die spelers by mini-krieket aangeleer het, word dan verder benut en ontwikkel in die o/10 – o/13 ouderdomsgroepe. Elke ouderdomsgroep bestaan uit verskeie spanne. Daar is tans twee spanne wat aktief aan die ligawedstryde deelneem. Ons neem ook gereeld deel aan 6-aan-‘n-kant toernooie. Ons reël ook ekstra wedstryde oor naweke vir sommige spanne sodat hulle die geleentheid kan kry om meer boulbeurte te speel.

Afrigters:

Ons is gelukkig om in totaal 20 onderwysers as afrigters te hê asook 20 buite-afrigters wat die leerders touwys maak op die regte etiket en tegnieke. Die afrigters fasiliteer ‘n uur sessie twee keer per week met hulle spanne. Die eerste tien minute word daar gefokus op opwarming en daarna word daar aandag aan die basiese vaardighede gegee.

Facilities:

Our school is fortunate enough to have six cricket nets, as well as a synthetic cricket pitch. We have one cricket field where the senior teams play their matches. Mini cricket practice and play matches on the other available fields.

Achievements:

In 2019 the first team received gold medals at the annual Bellville High School tournament. In this same year the first team also took part in the annual CPL 6-a-side tournament and walked away with yet another gold medal. In 2019 we had four players in the Distrik-Noord practice group. In this same year David Simon was the captain of the WP o/13A team. This team takes part in the annual Standard Bank Tournament.

Toere:

Ons eerste span toer elke jaar in September Knysna toe waar hulle teen spanne van regoor die land meeding. Ons beplan ook om in die toekoms met die o/11 span aan die Feedem Pitseng Toernooi in Worcester te gaan deelneem.

 

Laerskool Bastion beoog om die krieketkultuur in die skool te versterk. Ons is baie trots op die wonderlike resultate wat ons spelers op die krieketveld behaal. Ons sien uit na wat die toekoms vir die skool se krieket in hou.