Hokkie/Hockey
Hokkie/Hockey
Oorsig:
Met die nuwe astro waarop ons eersdaags oefen wag daar groot dinge vir Bastion se hokkie in die toekoms. Bastion bied hokkie aan beide seuns en meisies.
Spanne:
Daar is tans twee spanne per ouderdomsgroep by seuns en meisies. Van 0/7 – 0/10 speel die leerders Mini-hokkie, waar die veld baie kleiner is en die fokus op basiese vaardighede en ontwikkeling van ‘n liefde vir die sport is.
Ons 0/13A seuns- en meisiesspanne speel in die Premier liga van die Durbell sone. ‘n Vereiste hiervoor is dat alle liga wedstryde op ‘n astro gespeel moet word. Behalwe vir die liga wedstryde neem ons ook aan verskeie sportdae en toernooie deel om leerders soveel moontlik geleenthede te bied.
Afrigters:
Daar is tans 22 afrigters betrokke by hokkie. Ons is ook in die bevoorregte posisie om afrigters te hê wat al groot welslae behaal het op provinsiale sowel as streeksvlak. Ons afrigters woon jaarlikse reëlbesprekings- en afrigtingsklinieke by. Met soveel ervaring en passie, beskik ons oor ‘n baie sterk afrigtingsspan wat fokus om ons leerders optimaal te ontwikkel.
Fasiliteite:
Bastion beskik oor Mini-velde sowel as ‘n vollengte astro. Ons kan ook ons besoekers in ons pragtige klubhuis verwelkom.
Toere:
Ons 0/13A spanne toer jaarliks na Durban waar hulle aan die Midlands toernooie deelneem. Hier kry die leerders die geleentheid om teen spanne van oor die hele land te speel en speel ons gemiddeld 12 – 16 wedstryde. Tussen die baie wedstryde wat gespeel word, maak ons ook tyd vir een opvoedkundige uitstappie en ook ‘n dag by Ushaka.
Prestasies:
Ons 0/13A-spanne is al gereelde kwalifiseerders vir ons Top Skole toernooi. In 2017 het ons seunsspan 2de geëindig en in 2018 het ons meisiesspan ook 2de geëindig.
Oor die jare het baie seuns en dogters Bastion al in die onderskeie provinsiale- sowel as streekspanne verteenwoordig, nie net as spelers nie maar ook as kaptein.
Bastion hokkie groei elke jaar van krag tot krag. Ons poog om die leerders van Bastion die beste moontlike blootstelling en afrigting te bied en om hul liefde vir die sport te ontwikkel.