Kultuur / Culture

Laerskool Bastion glo daarin om kultuur ‘n groot deel van die leerders se skoolervaring te maak. Dit bring balans mee en so word ander talente ontwikkel in die individu. Kultuur sluit onder andere in Skaak, Koorsang, Konserte, Eisteddfod en Drama. Die leerders is gaande oor die verskeie aktiwiteite en neem ywerig deel.

Ons drama verskaf groot pret aan ons akteurs sowel as gehore. Laerskool Bastion se toneelstukke is altyd hoogs vermaaklik en daar word met lof van ons produksies gepraat by dramafeeste en eisteddfods waar ons gereeld met toekennings en trofeë wegstap.

Aangesien drama beslis een van Bastion leerlinge se passies en sterkpunte is, bied Laerskool Bastion Drama dit aan as ‘n buite-kurrikulêre aktiwiteit. Leerders word in twee groepe ingedeel. Die toergroep (Groep 1) bestaan uit ongeveer 25 leerlinge en is oop vir enige Bastion-leerling vanaf graad 4 tot 7 met oudisies wat in Maart plaasvind. Die res van die leerlinge (Groep 2) oefen Dinsdae.

Die doel van drama is om leerders selfvertroue, kreatiwiteit, korrekte stemgebruik en stimulering van die verbeelding te bied waarmee hulle die grootmenswêreld kan binnegaan. Die kinders leer hoe om gemaklik voor ‘n gehoor op te tree, verskillende karakters te vertolk en sodoende hul eie individuele stempel in die samelewing af te druk. Drama-opleiding is dus uiters belangrik vir kinders se ontwikkeling, selfvertroue, groep-funksionering, sosiale funksionering en sosiale intelligensie. Ons studente word ook opgelei om onder druk in ‘n groep te funksioneer. Boonop is Drama eenvoudig net lekker en ontspanne.

Met baie tyd en energie wat in elke produksie geploeg word, is daar geen keer aan die hoogtes wat die Bastion-Dramagroep reeds bereik het en nog gaan bereik nie. ʼn Hoogtepunt op die drama-kalender is die groep se deelname aan die Logan Toneelfees (grootste Toneelfees in die land) wat jaarliks in Fraserburg plaasvind. Ons neem ook deel aan die Tygerberg Eisteddfod, Montagu M.M.A.D. Drama-fees, asook die ATKV se Akkedissie Toneelfees in Villiersdorp. In 2017 het Laerskool Bastion begin om ons eie Silwervaring Kunstefees te hou waar daar ongeveer 14 laer- en hoërskole deelneem aan die toneelfees. Ons het reeds vanaf 2015 elke jaar ‘n toneelstuk op die planke gebring.

Choir/Koor

Koor voer jou mee na ‘n wêreld vol melodie, ritme en kinderstemme waar ons saam met vriende as eenheid musiek geniet.

 Saam leer ons liedere van verskillende genres, style en tale. Deur ‘n verskeidenheid liedere in ons repertoire te hê, kan ons die harte van ‘n wye gehoor aanraak. Ons sing gereeld by die skool, koorfeeste en kompetisies. Kompetisies lig die koor se standaard deur sangers aan gevorderde musiek bloot te stel. Kooroptredes en koorfeeste stel ons in staat om musiek te deel en te geniet saam met die gehoor en sangers van ander kore. So leer en groei ons saam.

Choir opens up a world of melody, rhythm and children’s voices, where we come together as friends to enjoy and share our music.

Choristers learn songs from different genres, styles and languages. By including a variety of songs, we touch the hearts of a wide audience. We perform on a regular basis at school, choir festivals, and also at competitions. Competitions raise the standard of singing by exposing choristers to advanced music. Choir performances and festivals form an integral part of sharing music with other singers and let us learn and grow together. 

Albertha Filter