Athletics
Atletiek
Laerskool Bastion spog met ‘n pragtige atletiekveld en ervare afrigters. Ons beskik oor gehalte toerusting wat die leerders in staat stel om hul potensiaal te bereik. ‘n Groot pawiljoen bied oorgenoeg sitplek vir leerders by kleuresportbyeenkomste, asook vir die toeskouers. Atletiek word jaarliks tydens die eerste en vierde kwartaal aangebied. Atlete verteenwoordig ons skool by die Westelike Provinsie, asook by Nasionale byeenkomste. Die Junior- en Seniorfase maak deel uit van die kleuresportbyeenkoms. Gedurende die vierde kwartaal bied Laerskool Bastion ‘n byeenkoms aan waaraan ongeveer 15 skole deelneem. Dit is een van die grootste byeenkomste vir atletiek in die Westelike Provinsie. In Januarie 2020 het 19 atlete deurgedring na die sonebyeenkoms by HoĆ«rskool Bellville. Daarna het van ons atlete gekwalifiseer vir die WP-kampioenskappe en uitstekend presteer.
Bastion Primary School boasts with a beautiful athletics field and experienced coaches. We have quality equipment that enables the learners to reach their potential. A large pavilion provides ample seating for learners at colour sports events, as well as for the spectators. Athletics is presented annually during the first and fourth terms. Athletes represent our school at the Western Province as well as at National events. The Junior and Senior Phases are part of the colour sports event. During the fourth term, Bastion Primary School hosts an event attended by about 15 schools. It is one of the largest events for athletics in the Western Province. In January 2020, 19 athletes advanced to the Zonal meeting at Bellville High School. After that, some of our athletes qualified for the WP Championships and performed excellently.